Thursday, June 9, 2011

"Friendship? Yes Please." - Charles Dickens

Goedemorgen!

Dis vir ons so lekker as maatjies in Holland kom speel en ons was baie opgewonde een Saterdagoggend in Mei toe ons vir Pieter en Gisela se vlug wag om te land...

Na 'n lekker brunch het ons hulle Lekkerland toe gevat om Kinderdijk se windmeule te waardeer - ja, dit is wat ons doen as mense kom kuier ;-) Ek weet dit klink vervelig om almal dieselfde goed te gaan wys maar jy kan nie se jy was in Nederland as jy nie die windmeule gesien het nie!

Kinderdijk 

{Terloops, mense verwys gewoonlik verkeerdelik na Nederland as Holland.  Dit is omdat die drie grootste stede naamlik Amsterdam, Den Haag en Rotterdam almal in die streek/distrik/provinsie Holland gelee is, so wanneer mens van een van hierdie 3 plekke of omliggende dorpies praat dan is Holland reg, maar as mens na die hele land wil verwys is dit Nederland - net nog 'n brokkie inligting wat jul waarskynlik nie wou weet nie :-) } 

Ons het vir Pieter en Gizi fietse gehuur en 'n draai deur Rotterdam gaan ry.  Ons eerste stop was by Oudehaven om die lekker weer te geniet en die Van Rooyens aan bitterballen voor te stel.

Nadat ons bietjie vars lug in die park gaan skep het, het ons soos oudergewoonte in Witte de Wit straat gestop om ons rit af te sluit en die dors te les en vandag was dit by Cafe Opa.

Cafe Opa

Ons was rustig oppad terug na ons fietse toe, "just minding our own business"... toe dit gebeur!  'n Reuse voel kom van nerens en blerts op Gizi se kop en oor!  Histeriese laggies het spontaan vir die volgende uur aangehou...

Sondag is ons Keukenhof toe en dit was 'n eerste vir Herrie!  Ek't sommer 'n klomp van my Keukenhof foto's wat ek tydens verskeie besoeke geneem het hier onder bymekaar gegooi!

Kakofonie van kleure en geure!

Ons het besluit om die sonnetjie ten volle te benut en het vir ure langs 'n stroompie gele en piekniek hou.  
 Piekniek by Keukenhof

Sondagaand het ons vir oulaas lekker saam gebraai terwyl Nicholas en Kurt in die agtergrond bler!

Oppad lughawe toe Maandag het ek en die Van Rories eers by Delft aangegaan en toe is ek saam met hulle Schiphol toe om ander vriende vir 'n vinnige koeldrank te ontmoet.  Andre en Zelda was nou al 2 keer hierdie jaar in Holland maar die eerste keer was ek in Toulouse en ek kon nie dat hulle 'n 2de keer terug SA toe gaan sonder dat ons mekaar net vinnig sien nie!

Delft

 Dit was 'n fantastiese naweek vol liefde, lekker lag en gesels!

Praat van goeie vriende... ek en Hertzog is so geseend met die maats wat ons hier ontmoet het!  Ek kan enige tyd vir Meredith of Arden bel en voorstel om iets saam te doen en veral Meredith inspireer my met al haar naaldwerkprojekte en pret idees.  Sy is ALTYD game, vir enige iets en as ek nie wil nie hoef ek regtig niks op my eie te doen nie!

Ek't ook lanklaas vertel van SNAC, ons boekklub.  Ons is nou al 6 meisies wat een keer per maand bymekaar kom om die boek te bespreek en lekker saam te eet en kuier.  Buiten die oorspronklike 4 (ek, Meredith, Arden en Rachel van California) het Veronique van Parys en Heather (ook van US) intussen bygekom.  Hier onder is 'n foto van ons mees onlangse kuier.

vlnr: Veronique, Heather, Rachel, Arden, Meredith en ek

Vandat ek laas van SNAC vertel het, het ons The Help, A Thousand Splendid Suns en Sarah's Key gelees.  Ek kan al 3 hierdie boeke aanbeveel!  Veral The Help is iets wat elke Suid Afrikaanse vrou moet lees!  Dit gaan oor die verhoudings tussen bediendes en die vrouens van die huis en speel af in Mississippi in die 60's.  Omdat SA die enigste land is waar baie van hierdie situasies wat in die boek afspeel steeds 'n werklikheid is, het ek nogals gesukkel om die verhouding tussen ons wit Suid Afrikaners en bediendes aan die baie liberale vriendinne te verduidelik en ek glo dat my insette baie tot die gesprek bygedra het!  Hulle was glad nie aanvallerig nie, net geinteresseerd om te verstaan hoe dit werk en ek moet bieg dat baie van hulle vrae my regtig laat wonder het of die stand van sake in ons huise nie tog verkeerd is nie?!   

Die volgende twee boeke op ons lysie is Hunger Games en Spud :-)

Nog 'n laaste bederfie voor die einde van Mei was Hanno se kuier vir 2 dae oppad na 'n konferensie in Maastricht wat hy moes bywoon.  Dit was regtig 'n lekker rustige kuier en ek en hy het vir ure in die park gesit en filosofeer oor die lewe!  Die wind het ons amper van ons fietse afgewaai en ons het gaan skuiling soek by De Witte Aap waar ek vir Hanno vir paar uur gelos het sodat ek "last minute shopping" kon doen voordat ek die volgende oggend Italie toe vertrek het vir my nefie se troue.

Volgende skryf ek oor my male se kuier, die troue in Italie en 'n week in die Baltics...

Doei! 

3 comments:

  1. Jyyyyy, jy met jou cheetah trruuuiiiii!!!!!

    ReplyDelete
  2. Julle is AWESOME!!! dankie vir al die gasvryheid!!!

    Wat is 'n kuiertjie in NEDERLAND sonder De Witte Aap, fietsry, bitterballen en natuurlik 'n braai en goeie wyn op die balkon en BAIE LAG :-)

    Dankie julle xxx

    ReplyDelete
  3. Sjoe Anella!! Hierdie alles lyk SOOO AWESOME!! Die blomme, die kleure, die ekskursies!!! Sien julle maak die beste van elke dag!! Dis wonderlik!! Sterkte!! Hoop daar is swottings ook darem tussenin! Haha!! LIEFDE!!!!! Sonet

    ReplyDelete