Monday, June 6, 2011

ORANJE was die nuwe swart op 30 April!

Goeie middag!

Ek kom nou net terug van 'n heerlike vakansie en is reg om julle van die afgelope maand te vertel.  Ons was einde Mei in Italie vir my nefie se troue en daarna het ek en my niggie vir 'n week lank in die Baltics gaan toer, maar eers vertel ek julle van Koninginnedag, al die maats wat ons gehad het die laaste ruk en my ouers se kuier! Ja, ek't lekker baie geselsies om in te haal maar Herrie skryf hierdie week eksamen so ek gaan rustig aan die blog werk en uit sy hare bly.

Pampoen het vir ons kom kuier die naweek van Koninginnedag en ek't hom Vrydagoggend op Schiphol ontmoet.  Ek moet erken dat Pamps bietjie hartseer was oor hy die Royal Wedding in London gemis het daai dag maar ek't geweet dat Saterdag se verrigtinge in Amsterdam sou opmaak :-)

Ons tweetjies het die dag in Amsterdam spandeer en Herrie het die aand by ons aangesluit na klas.  Ons was by die seksmuseum (want dit is wat toeriste in Amsterdam doen) en dis basies 'n versameling van erotiese prentjies, skilderye, voorwerpe en foto's wat oor dekades heen versamel is en min of meer 500 000 toeriste per jaar lok.  Ons het ook 'n draai deur die Jordaan gestap - 'n oulike woonbuurt met pragtige gragte en het na "De 9 Straatjes: Een leuke winkelgebied voor alternatiewe shoppers" gaan kyk wat baie oulike en unieke winkels het.
Amsterdam seksmuseum
Lente in Amsterdam

Nadat Herrie by ons aangesluit het, het ons 'n biertje gedrink by 'n juweel van 'n plekkie: De Jaren, waarna ons vir Pamps Vondel Park en I AMSTERDAM gaan wys het en het toe KoninginneNag by Leidse Plein deurgebring.
Amsterdam is gereed vir KoninginneDag!

Die oggend van KoninginneDag is ek terug Schiphol toe om vir Chrisna & Wim in Holland te verwelkom en Herrie en Pamps is op 'n bootvaart deur Amsterdam se gragte saam met ander RSM studente ter viering van KoninginneDag.
Arnoldjies in Amsterdam

Gou 'n inlas uit "Kuiertjies en so om jul te herinner waaroor Koninginnedag gaan: "Die naweek gaan ORANJE wees want Saterdag is dit Koninginnedag wat waarskynlik die grootste feesdag in die hele Holland is!  Ons het reeds ons oranje pakkies en is reg vir 'n groot partytjie...   Koniginnedag word sedert 1885 in Holland gevier en is veronderstel om 'n dag van "saamhorigheid" te wees.  Dit word gevier op die vorige koningin (Juliana) se verjaarsdag die 30ste April.  Die huidige koningin, Beatrix, verjaar eintlik in Januarie maar omdat die weer sleg is daai tyd het sy besluit om die volk 'n guns te doen en vier sy haar verjaarsdag op die 30ste April elke jaar - wat sy nie als vir haar mede-Kaaskoppe sal doen nie".  Ook mag almal goed op die straat verkoop so dis soos 'n reuse "garage sale".
 
Orals waar jy kyk was daar mense in hul feespakkies en daar het 'n ongelooflike atmosfeer in Amsterdam (en ek glo die hele Nederland) geheers!

"Koninginnedag waanzin"

 Ek het 'n video van die joligheid op Prinsengracht geneem:


Oppad huistoe het Pampoen 'n sitplek langs Chrissie op die train gedeps want sy't 'n Britse koerant van Londen af gebring en kon hom al die details van die Royal Wedding vertel!
 

Sondag, 01 Mei, was ek en Herrie al 'n jaar getroud!  Whoop-whoop!  Beste jaar van my lewe!  Die 5 van ons het 'n vol dag gehad en is eers Kinderdijk toe wat nou pragtig is met al die blomme en dit lyk heeltemal anders as in die winter.
Kinderdjik in Mei

Terug in Rotterdam het ons by Hotel New York gaan bitterballen eet waarna ons met 'n water taxi terug huistoe gebring is.
Hotel New York
 Water taxi 

Na 'n middagslapie het ons op ons ysterperde gespring en bietjie met ons mooi stad gespog.  Ons fietsroete deur Rotterdam het by Cafe de Witte Aap tot 'n einde gekom.  Cafe de Witte Aap is in 2009 deur Lonely Planet as die "best bar in the world" gekroon!

 Cafe de Witte Aap

Maandag is Boetie Badenhorst weer skool toe en ek en die ander 3 is Delft en Keukenhof toe...
 Delft - Gelukkig moes iemand die foto neem want ek twyfel of Wim ook in die skoen sou pas!

Ek was 4 keer hierdie jaar Keukenhof toe en al sou dit vir van julle soos 'n straf klink, was dit vir my 'n ongelooflike voorreg!  Dis fantasties om deur daai tuine te stap en al die blomme, mooi bome en kreatiewe idees te bewonder.  Die wonderlike van 4 besoeke is dat die tuin met elke besoek anders gelyk het want die organiseerders moes seker maak dat verskillende blomme op verskillende tye blom sodat besoekers vir die volle 8 weke wat Keukenhof oop was, waarde vir hul geld sou kry.

Ek dink dat die tuin op sy mooiste was toe ek saam met Pamps, Chrissie & Wim gegaan het! Met my eerste besoek was die individuele tulpe in die sale mooier, maar die tuine was hierdie rondte ongelooflik!


Dankie dat julle by ons kom kuier het, was heerlik om julle hier te he!

Later in die week vertel ek van die Van Rooyens wat oor die Engelse kanaal gehop-hop het Holland toe... 

x

PS: Baie geluk aan Nicolaas en Holly wat die naweek getroud is!   

3 comments:

  1. Lekker tye! Dankie aan ons esteemed guests vir julle kuiers, was lekker!

    ReplyDelete
  2. Hi! Ek't paar emails ontvang van maats wat se dat hulle nie op die blog kan comment nie. Ek't so paar settings verander en dit behoort nou te werk - laat weet my maar. Lekker dag, Anel!

    ReplyDelete
  3. ha ha lekker pamps looking good

    ReplyDelete